Bly in Hom 2

Dinsdag 9 Januarie 2018 Tema: Bly in Hom 2
**** My eie woorde
**** ‘n Mens sien so op vir die eerste week se werk, en dan
wanneer jy daar kom en jy sien al die bekende gesigte en almal is
positief en vol moed vir die jaar, dan is dit sommer ‘n plesier en
ervaar jy hoort mos hier. Dan is daar mense wat hierdie jaar vir die
eerste keer met pensioen is. Jy word gewone tyd wakker want jou
kop werk nog so en wanneer jy mooi wakker is spoel so saligheid
oor jou ….niks jaag my nie ek het tyd.
Ex 34:29 En toe Moses van die berg Sinai afdaal–die twee tafels
van die Getuienis was in die hand van Moses toe hy van die berg
afdaal het Moses nie geweet dat die vel van sy gesig blink omdat hy
met Hom gespreek het nie. 32 En daarna het al die kinders van
Israel nader gekom, en hy het hulle alles beveel wat die HERE met
hom gespreek het op die berg Sinai. :34 Maar as Moses voor die
aangesig van die HERE kom om met Hom te spreek, neem hy die
sluier weg, totdat hy uitgaan. As hy dan uitgaan en aan die kinders
van Israel meedeel wat hom beveel is, :35 sien die kinders van
Israel die gesig van Moses, dat die vel van Moses se gesig blink;
daarop trek Moses dan weer die sluier oor sy gesig, totdat hy
ingaan om met Hom te spreek.
Kol 3V1 As julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge
daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit.
2 Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie.
**** Sal dit nie wonderlik wees, as ek en jy hierdie jaar so dikwels in
God se teenwoordigheid kom nie dat ons Sy beeld deelagtig kan
word nie, dat andere Jesus in ons sal sien sonder dat ons praat.
Dat ons Sy beeld kan uitdra aan hulle wat ons nodig het. Dat ons
gesigte soos Moses se gesig mag straal omdat ons by ons Vader
was.
GETUIENISSE en TERUGVOER
Daar is drie wat saam vas en 3 wat navrae gerig het. Indien jy nog wonder,
doen dit net vir een dag. Ons het soveel om voor te vas. Ons dorpe en ons
land is in ’n gemors. Dis dor en droog kom ons draai opnuut na die HERE
vir hulp. Die regering is nie ons uitkoms nie net Hy is
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 9 Januarie 2018
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag. Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou
bederf dag
Helena v d Zee 9 Jan
Rina Oberholzer 9 Jan
Danie Roux 9 Jan
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 69 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *