GEBAKTE GEMMERPATATS

Bestanddele
1 250 ml patats, geskil en in blokkies
125 ml    botter
125 ml    witsuiker
1 ekstra groot eier
300 ml koekmeel
5ml bakpoeier
5ml gemmer
3ml sout
250 ml melk

STROOP
125 ml botter
250 ml heuning of gouestroop
gerasperde skil van 1 lemoen

Metode
Om die patats te maak: Plaas die patats in ‘n kastrol.
Giet die lemoensap oor die patats en vul aan met water totdat die patats bedek is.
Kook die patats tot net sag en dreineer.

Skep die gaar patats in ‘n groot, gesmeerde oondvaste bak.
Verroom die botter en suiker tot dit lig en donsig is.
Voeg die eier by en klits weer goed.
Sif die koekmeel, bakpoeier, gemmer en sout saam.
Roer die meel beurtelings met die melk by die eiermengsel.
Dit lyk of dit skif.
Gooi oor die gaar patats en bak 35-40 minute tot gaar en goudbruin.

Om die stroop te maak:
Verhit die botter, heuning en lemoenskil in ‘n kastrol tot gesmelt.
Giet die warm stroop oor die patats sodra dit uit die oond kom.
Laat n rukkie staan sodat die stroop goed in die beslag kan intrek.
Bedien warm.
Lewer 8 porsies

Resep:  Gerdie van Zyl, Fontainebleau, Leserskring Spog resepte

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 579 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *