MA SE KAAPSE POEDING

Anna Eksteen

Bestanddele
1 sponskoek
2 liter vla
1 blik perskes
1 pakkie kersies
1 pakkie gekapte neute
1 pakkie rooi jellie
1 pakkie groen jellie
1 blik appelkoos konfyt
1 houer vars room

Metode
Maak jellie soos aanwysings op pakkie en sit in yskas om te stol. Sny perskes in stukkies en hou stroop eenkant. Hou 2 perske skywe heel en eenkant vir garnering. Sny kersies in stukkies en hou een kersie heel vir garnering. Sny die sponskoek soos brood in dun snye en halveer. Smeer die snye met appelkooskonfyt soos botter. Vat mooi bak en lyn met vla gevolg met:
1. ‘n laag sponskoek (pak mooi styf teen mekaar) 2. Gooi laag gekapte perskes gevolg met kersies en neute. 3. Drup liggies met stroop van perkses gevolg met vla. Herhaal lae vanaf 1-3 tot alle bestanddele op is. Eindig met ‘n laag vla. Klits die room en sit bo-op. Neem vurk en maak jellie fyn. Pak die jellie rondom bak, een ry rooi en een ry groen jellie (buiterand) Vorm blom met die 4 heel perske skywe in die middel en sit een heel kersie in die middel Plaas in yskas.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 398 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *