Maak klaar… 3

Woensdag 10 Januarie 2018 Tema: Maak klaar… 3
**** My eie woorde
Gen 19:15 En toe die dag begin breek, het die engele by Lot
aangedring en gesê: Maak jou klaar, neem jou vrou en jou twee
dogters wat by jou is, dat jy weens die ongeregtigheid van die
stad nie omkom nie.
Amos 4:12 Daarom sal Ek só met jou handel, o Israel; omdat
Ek só met jou sal handel–maak jou klaar om jou God te
ontmoet, o Israel!
**** Weet julle hierdie is seker een van die ernstigste boodskappe
ooit. Nie een van ons weet wat vorentoe wag nie, dit kan vandag
my laaste dag wees of môre of volgende maand. Ek wonder as
iemand vanmôre vroeg aan jou deur kom klop en vir jou sê: “ Maak
jou klaar om jou God te ontmoet ..” Moontlik gaan jy dink sjoe waar
val jy nou uit, sekerlik is jy by verkeerde adres ek is mos reg. Tog
dink ek dis ’n baie belangrike vraag…. wat moet ek nog klaarmaak
…. die wrokke wat ek teenoor ander dra in my binneste, dalk kan ek
somme maklik ’n leuen vertel of miskien is my taal so vol byvoeglike
woorde dag ander w4ionder of ek dan nou regtig ’n kind van God is.
Miskien daardie humeur en dan die een waarmee ons almal sukkel
ongeduld. Kom ek en jy vra die Heilige Gees : HERE wys my wat is
daar wat ek moet klaarmaak..
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 10 Januarie 2018
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag. Mag die HERE
jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in
jou verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag
Sanet Basson 10 Jan .
Tillie Korf 10 Jan
Magda Potgieter 10 Jan
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 67 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *