MEKSIKAANSE AARTAPPELS

Okkie Janses van Vuuren

Bestanndele
1 rooi ui, gekap
2 knoffelhuisies, gekneus
6 groot tamaties, geskil, gekap
15ml tamatiepuree
400g rooi nierboontjies, gedreineer
5-10ml tabascosous
sout en peper
500g gaar aartappels
15g vars gekapte koljander
1 avokado, in blokkies gesny

Metode
Meng ui, knoffel, tamaties, tamatiepuree en bone in ‘n medium grootte kastrol. Kook vir ongeveer 5 minute of totdat die bone regdeur warm is. Geur met tabascosous en ‘n bietjie sout en peper. Sny die aartappels in blokkies. Meng die aartappelblokkies liggies by en laat goed kook totdat al die bestanddele goed gaar is. Roer die koljander laaste by en skep avokado bo-op. Lewer 4-6 porsies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 122 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *