My pad met Hom 4

Donderdag 11 Januarie 2018 Tema: My pad met Hom 4
**** My eie woorde
**** Hierdie jaar lê soos ‘n donker onbekende tonnel voor ons en
ons MOET daardeur. Elkeen van ons het ’n spesifieke pad maar
wanneer jy vers 33 hier onder lees is dit so bemoedigend. Dit maak
nie saak wat op my en jou wag nie, God is ons toevlug en sterkte in
elke saak groot of klein. Dan die kosbare woorde, Hy het my pad vir
my uitgesoek. Wat beteken dit dan? Hy ken jou en verstaan jou
beter as enige een. Hy verstaan jou swakhede jou sterk punte jou
krisis jou nood. Een ding is seker, dat Hy weet die pad wat jy loop
kan jy baasraak, wanneer jy aan Hom vashou. Onthou wanneer
mens in ’n tonnel in ry is dit donker en onbekend, maar sodra jy
daar in is, is die eerste wat jy sien die lig daar in die vêrte en dit laat
jou koers hou . Kyk hoe mooi sien mens dit in die volgende teks .
2Sam22v29 Want U is my lamp, o HERE! En die HERE laat my
duisternis opklaar.30 Want met U loop ek ‘n bende storm, met my
God spring ek oor ‘n muur.31 Die weg van God is volmaak; die
woord van die HERE is gelouter; Hy is ‘n skild vir almal wat by Hom
skuil.32 Want wie is God buiten die HERE, en wie ‘n rots buiten
onse God?33 Die God wat my sterk toevlug is, en Hy het vir my ‘n
weg volkomelik uitgesoek.

GETUIENISSE en TERUGVOER
**** Dis vandag dag 4 van ons tyd van vas en gebed. Wanneer mens op
’n Daniël vas van net groente vrugte en water is besef jy hoeveel gemors
prop ons by ons monde in. Dis nie maklik nie, maar dis ’n wonderlike
ervaring. Die HERE het reeds soveel gebede verhoor. Onthou dit gaan
nie oor hoed geod. Die een is wat bid nie, glad nie, dit gaan oor hoe
wonderlik God is . In die vetste vêrste punt van die heelal kyk Hy sf na die
biljoene mense en hy hoër my en jou gebed. Wat ’n God !
Ps 18:49 (18:50) Daarom wil ek U loof, o HERE, onder die nasies,
en tot eer van u Naam wil ek psalmsing.
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 11 Januarie 2018
Geen bekend
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 76 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *