Ons kyk Vorentoe 1

Lente Nagel

Eerste dagstukkie 2018.

Daar is nou ‘n whatsapp groepie stuur net jou naam aan 082-376-0353
Ek stuur dit as ‘n “broadcast” so niemand anders sien jou nommer nie .
Maandag 8 Januarie 2018 Tema: Ons kyk Vorentoe 1
**** My eie woorde
**** Goeiemôre almal. Vandag is vir vele die eerste werksdag van
2018, alhoewel die skole nog nie begin het nie. Daarom bietjie
anders te maak het ek een dagstukkie van n paar jaar gelede
geneem uit elke Januarie om net weer julle gedagte te verfris.
Dus is hierdie week nie een Tema nie, maar elke dag ietsie
anders Seëninge vir elkeen waar julle vandag vorentoe kyk
in die onbekende jaar maar vol moed en hoop vir dit wat
wag. Wat ookal op ons wag ons doen dit in die Naam van die
HERE en trek vorentoe .
Gen. 32V16 Hy het elke trop aan ‘n slaaf gegee en gesê: “Trek vorentoe, …
Mag jy…
Mag jy… genoeg vreugde hê in hierdie jaar om jou ‘n aangename
persoon te maak maar ook genoeg beproewings om jou sterk te maak
Mag jy…. genoeg hartseer hê om jou menslik te hou, maar genoeg
hoop om jou blymoedig te hou
Mag jy…. jouself altyd in ‘n ander se skoene plaas, en jou saamvoel
daardeur groei, want indien dit seermaak, sal die ander persoon ook
in daardie omstandighede seerkry.
Die gelukkigste mense het nie noodwendig geen kommer of sorge nie,
hulle maak net die beste van elke geleentheid, en maak elke verleentheid
God se geleentheid
Geluk is vir daardie persone wat huil , wat seerkry, wat soek en wat worstel,
want dis juis daardie persone wat Jesus kan waardeer omdat Hy hulle
lewens aangeraak het
Mag jou…… toekoms gefokus wees omdat jy die negatiewe in jou verlede
vergeet het en op die positiewe voort gebou het.
Toe jy gebore is het jy gehuil en almal om jou het gelag,
Mag jy…. jou lewe so deur Sy genade leef, dat jy op jou sterfdag die een is
wat glimlag terwyl almal om jou huil.
GETUIENISSE en TERUGVOER
Ons begin vandag met ‘n 21 dae vas. 8 Jan –28 Jan 2018. Die tipe vas is jou keuse.
Sommige doen ‘n Daniël vas van net vrugte en groente vir 21 dae .
Bid daaroor en besluit self. Indien jy nog nooit gevas het nie vra gerus
die studie aan by blye.versekering@gmail.com
Indien jy saam vas stuur ook jou naam dan plaas ek jou naam op my gebedslys.
****Indien jy ‘n getuienis het wat met jou gebeur het, stuur dit
gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort
asb. 
VERJAARSDAE 8 Januarie 2018
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag. Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou
bederf dag
Hartlik geluk aan diegene wat reeds die jaar verjaar het
indien jy nuut is stuur gerus jou datum aan.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 132 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *