Outydse soetkoekies no 3

Resep uit Kos en Kookkuns 1947

12k koekmeel
1 & 1/2t koeksoda
1 en half teelepel sout
1E kaneel
1 & 1/2t gemmer
5 1/s k Geel suiker.
*Indien geel suiker nie beskikbaar is nie gebruik ligte bruin suiker of wit suiker.
1pond fyn gekapte amandels (500gram)
2K botter (of dan 500gram)
4E Vet (varkvet) *
1K donker wyn (Henepoort of Muskadel wyn)
4 eiers
4t Rooibolus****   (of dan rooi voedsel kleursel)

Sif die meel, koeksoda, sout en speserye saam.
Voeg die suiker en amandels by en meng.
Vryf die botter en vet in die mengsel in.
voeg die wyn en eier by.
Maak n stywe deeg.
Rol effens uit.
Meng die rooibolis met n klein stukkie van die deeg, vorm dan in lang dun rolletjies, sit op die deeg.
Druk dit plat met die koekroller en rol die deeg ongeveer 5mm dik uit
Druk uit met n koekie drukker.
Bak op 180C tot gaar.
Dit moet net net begin verkleur.

**Probeer die rooi stringe deeg so te plaas dat elke koekie n rooi strepie in het.

****Rooibolus

Rooibolus is ‘n soort poeier wat jy meng met ‘n klein bietjie deeg.
Rooi bolus – Iron oxide

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 433 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *