PERE MET MALVALEKKERS

Rika Theron

(6 porsies)

Bestanddele
825 g blik ingelegde pere,
10 ml vlapoeier aangemaak met bietjie water,
75 ml geroosterde klapper,
100 ml grondboontjiebotter,
50 ml gemmerlimondade of water,
250 ml gemmerkoekiekrummels,
12 malvalekkers,
15 ml portwyn.

Metode
Dreineer peerhelftes en hou stroop eenkant. Plaas pere met gesnyde kant na bo in oondskottel. Strooi klapper oor pere. Meng grondboontjiebotter, gemmerlimonade en beskuitjiekrummels goed en vul peerholtes daarmee. Plaas ‘n malvalekker bo-op elke peer en bak (180°C) tot malvalekkers goud van kleur is. Verhit peerstroop in kastrol, voeg aangemaakte vlapoeier en portwyn by en roer oor matige hitte tot sous dik en deurskynend is. Sit warm voor saam met pere.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 192 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *