Rentia se sjokolade sous vir roomys

Bestanddele
120 g donker sjokolade
125 ml melk
1 blikkie kondensmelk

Metode
Sny die sjokolade blokkies kleiner en sit in mikrogolf-vaste bakkie.
Voeg die 2 melke by en mikrogolf op hoog.
Roer elke minuut tot sjokolade gesmelt is en dit al vir n minuut op gekook het.
Haal uit oond en voeg 1 tl vanilla by en n knippie sout.
Bedien oor roomys.
Wenk

Sit die orige in n bottel in die yskas.
Wanneer dit koud is, is dit letterlik n sjokolade smeer.
Sit net vir 20 sekondes terug in mikrogolf as jy dit oor roomys wil sit.
Ek sal nie weer n ander een maak nie
Moet donker sjokolade wees.

Bron: Rentia van der Merwe

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 602 times, 2 visits today)
Advertisements
 

One thought on “Rentia se sjokolade sous vir roomys”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *