SUIKERMIELIEDIS

Rika Theron

Bestanddele
45 ml botter,
45 ml koekmeel,
500 ml melk,
knippie elk fyn neut, naeltjies en sout en peper,
3 eiers geskei,
1 blik suikermielies,
1 blik Weense worsies, gesnipper,
500 ml witbroodkrummels,
250 ml gerasperde kaas,
25 ml pieterselie, fyngekap.

Metode
Smelt botter, roer meel by. Braai 3 min. Verwyder van hitte, voeg melk geleidelik by. Geur. Plaas terug op hitte en roer tot sous dik is. Verwyder van hitte en voeg eiergele, wat effens geklop is, by. Voeg mielies, worsies, krummels, kaas en pieterselie by. Geur. Klop eierwitte styf en vou in. Skep mengsel in gesmeerde bak. Bak 45 min. (180° C). Bedien met mengelslaai.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 179 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *