Verkilde beet-en-appelsop

Besonderhede
350g beet, gekook en geskil
Sap van 1/2 suurlemoen
600 ml onversoete appelsap, verkoel
200g Griekse jogurt, verkoel
sout en peper rooipeper

KOMKOMMERROOM
10-cm  stuk komkommer
6 vars kruisementblare
6-8 grasuie, gekapt om te garneer

Metode Beet
Sny die beet in kleiner stukke en plaas in ‘n voedselverwerker of menger. Voeg die suurlemoensap, die helfte van die appelsap en die helfte van die jogurt by. Verwerk vir ten minste 2 minute tot glad.
Giet die beetmengsel in ‘n mengbak, roer die res van die appelsap by en geur met sout, peper en rooipeper na smaak. Verkoel en giet in individuele sopbakkies om voor te sit.

Om die komkommerroom te maak:
Rasper die komkommer en roer by die res van die jogurt in. Kap die kruisement fyn en roer dit by die mengsel in, maar hou ‘n bietjie vir garnering. Skep i n bietjie komkommerroom in die middel van elke bakkie sop en sprinkel i n bietjie rooipeper oor. Strooi ‘n bietjie gekapte grasuie bo-oor en garneer met kruisement. Sit dadelik voor met brood van jou keuse.

Resep:
Neo Rammutla, Mokgalwana, Leserskring Spog resepte

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 169 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *