VISKOEKIES MET KAAS EN GROEN KRUIE Hollandse resep

Van Deon Uit Holland
Resep geleen uit die Nuusbrief van Danie van EgArikaans.co.za

Bestanddele vir viskoekies:

400 g wit vis (kabeljou of koolvis, jy kan ook vars Tuna of Salm gebruik)
1 huisie knoffel, fyn
oregano, fyn
tiemie, fyn
pietersielie, fyn
basilikum (basil)
gerasper Parmesaanse kaas
paneermeel (soveel om daar stewig koekies van te maak) ****
sout
Rooi brandrissie, fyn (met of sonder saadjies)
gerooster denneboom pitte, fyn
eier

verder
olie of botter vir bak
meel om koekies deur te rol

METODE
1. Meng alle Viskoekie bestanddele in ‘n blender tot ‘n stewige massa waar jy koekies van kan maak.
2. Maak koekies van hierdie mengsel en doen koekies ‘n halfuur in yskas sodat hulle kan styf word.
3. Haal koekies deur meel en skud goed af.
4. Bak koekies in n pan op hoog tot gaar van binne en bros en goudbruin van buite
5 . Dreineer hulle op kombuispapier en eet dit met aartappel skyfies en remouladesous. Daarby nog ‘n lekker vars slaai en jou maaltyd is kompleet.

Remouladesous:
100 ml mayonaise
10 g ui of sjalot, fyn
10 g augurkie, fyn
5 g pietersielie, fyn
5 g kappertjies
worcestersous
sout
swart peper

1. Doen die mayonaise in ‘n glas bak.
2. Roer met hout lepel de gesnyde en gekapte bestandele deur die mayonaise.
3 . Voeg by na smaak:  worcestersous, sout en peper.

****Paneer meel is n afval produk van beskuit.  Oftewel beskuit krummels. Andersins kan growwe “harde” krummels gebruik word.  Soos die tipe wat jy in n karton boksie koop

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 305 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *