Volharding 1

Maandag 22 Jan.2018 Tema: Volharding 1
**** My eie woorde
Goeiemôre almal . so begin die jaar nou volstoom. Die skole is in rep en roer en nou is dit die universiteite se beurt. Mens kan byna nie glo dat die eerste maand van die jaar haas verby is nie .
In vanoggend se skrifgedeelte se Paulus daar is twee goed wat ons moet aflê, maar dan die opdrag om uit te voer. Ons moet elke las aflê, dan voeg hy by EN die sonde wat ons so maklik omring . Ons laste lê ons af deur dit oor te gee aan die HERE, en die sonde is ’n stryd om te stry en reg te kies elke dag. Daarmee saam die opdrag om te volhard . Die goed klink alles erg en in jou hart wonder jy sal jy dit maak . Dan die oplossing, dis asof Paulus dit so maklik maak as hy sê …. Kyk net na Jesus dis al Hy is die Een wat alles vir ons moontlik maak . Hy het klaar die pad vir ons gestap , fokus op Hom. Heb 12V1 Daarom dan, terwyl ons so ‘n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê, 2 die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 22 Januarie 2018
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag. Mag die HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag
Mariëtta Horn 22 Jan
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

(Visited 82 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui