Volharding 4

Donderdag 25 Januarie 2018 Tema: Volharding 4
**** My eie woorde
**** Julle ken die gesegde, dis nie ’n skande om te val nie, maar dis ’n skande om te bly lê. In die verhaal van die verlore seun sien ons ook iemand wat geval het, maar dan gebeur daar iets ….
Luk 15 17 Maar hy het tot homself gekom en gesê: Hoe baie huurlinge van my vader het oorvloed van brood, en ek vergaan van honger! 18 Ek sal opstaan en na my vader gaan, en ek sal vir hom sê: Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u,
**** Hier gebeur ’n paar dinge. Hy kom tot homself, dus hy besef waar hy was en waar hy nou is. Dan neem hy ’n besluit om op te staan en by sy Pa te gaan bely wat hy gedoen het, sy grootste motivering is omdat hy honger is. Wat van my en jou. Is ons geestelik so honger dat ons tot die besef kom ons moet opstaan en na ons Vader gaan en gaan bely. Dan Sy belofte dat ons by Hom nuwe krag sal kry. Dit maak nie saak waar jy gestruikel het nie, vandag is jou kans om weer op te staan.
Spr 24:16 Want sewe maal val die regverdige en staan weer op, maar die goddelose struikel in die ongeluk.
Jes. 40:31 maar die wat op die HERE wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 25 Januarie 2018
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag. Mag die HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag
René de Langen 25 Jan
Martie Schnettler 25 Jan
Hermi Beyleveld 25 Jan.
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 63 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *