Wysheid 3

Woensdag 31 Januarie 2018 Tema: Wysheid 3
**** My eie woorde
**** Kyk wat leer die woord ons dat by die ouer mense is daar wysheid …waarom ? Omdat hulle in die skool van die lewe deur ervaring en ook foute geleer het. Dan voeg Job by dat die HERE raad en verstand het In die boek Daniël sien ons dat die HERE aan al 4 jongmanne verstand en insig gegee het ….waarom? Want hulle het Hom gedien. Die laaste teks herinner my aan die spreekwoord “ Stilbly is ook ’n antwoord” Ons is altyd so gereed om ’n antwoord reg te hê, maar dan kom die vermaning tot ons dat ons stilte as wysheid gereken sal word. Dis voorwaar iets om aan te dink.
Job 12:12 By die grysaards is wysheid, en in lengte van dae is verstand. V13 By Hóm is wysheid en mag; Hy het raad en verstand.
Dan 1:17 God het aan hierdie vier jongmanne verstand gegee en insig in alles wat geskryf is, en ook wysheid. Daniël kon enige gesig of droom uitlê.
Job 13:5 Ag, as julle maar heeltemal sou swyg–dan sou dit vir julle wysheid wees!
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 31 Januarie 2018
Geen bekend
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 113 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *