ARMANS-PAELLA

Bestanddele
375g Russiese worsies, in ringe gesny
1 groot ui, fyngekap
7ml matige kerriepoeier
375ml gaar rys
250g gaar hoender, in blokkies gesny
500g gaar skelvis, gevlok
125ml bevrore ertjies
125ml bevrore pitmielies
2 eiers, geklits
125ml melk
sout en vars gemaalde swartpeper
2 hardgekookte eiers, in ¼ gesny

Metode
Braai die worsies in ‘n bietjie olie tot bruin.
Skep uit en hou eenkant. Braai die ui tot sag,
Voeg die kerriepoeier by en roerbraai 1 minuut lank.
Voeg die rys by en roerbraai nog
ongeveer 1 minuut lank.
Skep die worsies terug.
Voeg die hoender by en meng.
Voeg dan die skelvis, ertjies en mielies by en meng liggies.
Verhit tot die groente ontdooi het en gaar is.
Meng die eiers en melk saam.
Giet oor die paella en roer tot die eiers gaar is.
Geur na smaak met sout en peper.
Skep op ‘n opdienbord en rangskik die eierkwarte rondom.
Lewer 6 porsies.

Geleen uit Anna Eksteen se boek “ietsie van alles”

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 374 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *