Ek hardloop… 1

Goeiemore almal, ek stuur weer CD’s more. Indien jy nog nie bestel het nie, ek benodig ‘n werkende posadres, van die pakkies kom  terug. As jy wil weet waar kom die duiwel vandaan, of hoe kom mens by die HERE uit bestel gerus die eerste 3 CD’s Dis gratis.

Maandag 26 Feb.2018 Tema: Ek hardloop… 1

**** My eie woorde

**** Ek dink ons almal het al gesien waar mense hardloop in volle vaart en dan slaan een neer en die ander snel verby. Dan praat die woord van diegene wat hardloop na die kwaad en die tragedie is hulle dink hulle kan weghardloop van God af. Tog ontvang ons die  belofte dat diegene wat op God se pad hardloop nie sal struikel nie omdat jy Sy pad gekies het. Terwyl ek en jy op die lewenspad hardloop word die lig al helderder maar diegene wat na die kwaad hardloop se pad word elke dag donkerder

Spr. 1V16  want hulle voete hardloop na die kwaad en haas hulle om bloed te vergiet;

Luk 12:2  En daar is niks bedek wat nie geopenbaar sal word nie, en verborge wat nie bekend sal word nie.

Spreuke 4 V 11  In die weg van die wysheid onderrig ek jou, ek

laat jou die spore van opregtheid betree;12  as jy loop, sal jou treë nie belemmer word nie, en as jy hardloop, sal jy nie struikel nie. 13  Hou vas aan die tug, laat dit nie los nie; bewaar dit, want dit is jou lewe.14   Kom nie op die pad van die goddelose en betree die weg van die slegtes nie.15  Vermy dit, gaan nie daarop nie, wyk daarvan af en gaan verby;16  want hulle kan nie slaap as hulle geen kwaad doen nie; en hulle slaap is weg as hulle nie tot ‘n val bring nie.17  Want hulle eet brood van goddeloosheid en drink wyn van gewelddadigheid.18  Terwyl die pad van die regverdiges is soos die lig van die môreglans, wat al helderder word tot die volle dag toe,

1Thess 5:5  Julle is almal kinders van die lig en kinders van die dag; ons is nie van die nag of die duisternis nie.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit

onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

VERJAARSDAE 26  Februarie 2018

Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag J

Cheryl Smit 26 Feb

Salomé de Jager 26 Feb

Fransa Bingle 26 Feb

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 135 times, 1 visits today)
Advertisements

One thought on “Ek hardloop… 1”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *