Ek hardloop… 3

Woensdag 28 Feb. 2018 Tema: Ek hardloop… 3

**** My eie woorde

**** Die Woord van die Here spreek ons aan  en vra vir wie se huis hardloop jy…lê die Here se huis in puin terwyl alles net om my en jou draai. Haggai praat van die fisiese gebou maar dan kom die vraag tot my en jou, hoe lyk ons geestelik huis. Draai alles net om my en jou of dink ons vir een oomblik dat my skeppingsdoel juis is om my Skepper te verheerlik in alles wat ek doen of sê. Hy het my nie net gemaak nie, Hy het my terug gekoop met Sy sondelose lewe aan die kruis. Dan ten spyte daarvan dat ons so vêr te kort skiet, sorg Hy steeds elke dag vir ons en voorsien Hy op maniere wat ons soms nie kan verstaan nie.

Haggai 1:9  Julle het uitgesien na baie, en kyk, dit het min geword; en julle het dit in die huis gebring, maar Ek het dit weggeblaas. Waarom? spreek die HERE van die leërskare. Ter wille van my huis wat in puin lê, terwyl elkeen van julle vir sy eie huis hardloop.

Matt 6 30  As God dan die gras van die veld, wat vandag daar is en môre in ‘n oond gegooi word, so beklee, hoeveel te meer vir julle, kleingelowiges? 31  Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie? 32  Want na al hierdie dinge soek die heidene; want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het.33  Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. 34  Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit

onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

VERJAARSDAE 28 Feb. 2018

Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag.

Marthie Jordaan 28 Februarie

Ans Simich 28 Feb

Suzine Uys 28 Feb

Anton Smit 28 Feb

Drienie v d Berg 29 Feb

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 96 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *