Heilige Gees 1

Maandag 12 Feb. 2018 Tema: Heilige Gees 1
**** My eie woorde
****So dikwels gee ons nie erkenning aan die Heilige Gees vir die groot werk wat Hy in ons lewens verrig nie. Tog sien ons dat Dawid in sy boete lied na sy sonde met Batséba erken, dat dit die Heilige Gees is wat eintlik met hom gewerk het en hy vra dat die Here Hom nie uit sy lewe sal wegneem nie.
Psalm 51 V12 Skep vir my ‘n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig. V13 Moet my tog nie van U af wegdryf en u Heilige Gees van my af wegneem nie! V14 Laat my weer die blydskap ervaar van iemand wat deur U verlos is, laat my U weer met toewyding dien. V15 Dan sal ek oortreders leer wat U van ‘n mens verwag; dat die sondaars hulle tot U sal bekeer.
**** Hierdie gedeelte sê vir my hoe Dawid se gewete hom gepla het deur daardie sagte influistering van die Heilige gees. Hoe hy geworstel het met die sonde in sy lewe maar uiteindelik voor sy Skepper genade en hulp vra vir ’n rein hart en ’n nuwe gemoed wat gesuiwer is. Maar dan sê hy dat hy ander sal leer. Hoe leer hy hulle ? Deur te vertel en te getuig waardeur hy gegaan het. Juis daarom moét en kan ons nie stilbly oor die wonders wat die HERE in ons lewens doen nie . Geseënde week vir elkeen, oorlaai van God se hulp en genade.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 12 Februarie 2018
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou
bederf dag 
Mev Bokkie V Staden 12 Feb
Catherine Venter 12 Feb
Alida Prinsloo 12 Feb.
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 67 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *