Heilige Gees 2

Dinsdag 13 Februarie 2018 Tema: Heilige Gees 2
****My eie woorde
**** Nogal ernstige woorde vandag. Jesus sê as ek en jy Sy woorde nie ter harte neem nie, is ons deel van die groep wat Hom nie lief het nie. Dan sê Hy verder dit wat Hy gee is nie Sy woorde nie maar Sy Vader se woorde. Dan die wonderlike belofte dat Sy Vader in Sy Naam die voorspraak nl. Die Heilige Gees sal stuur en die taak van die Heilige Gees is dan juis om ons alles te leer, asook om ons te herinner wat Jesus gesê het. Weet julle hier sien ons die self-loosheid van die Drie-Eenheid. Vader gee die woorde wat Jesus met ons deel. Vader stuur in Jesus se naam vir ons die Voorspraak nl. Sy Heilige Gees en die Heilige Gees herinner ons wat Jesus gesê het. Elke een verheerlik die volgende. Is dit nie die rede waarom daar soveel haat, nyd en onmin is nie? In die samelewing vandag is ek beter, slimmer, groter,vinniger sterker…Iets om oor te dink.
Joh 14 V24 Wie My nie liefhet nie, neem my woorde nie ter harte nie; en die woorde wat julle hoor, is nie myne nie, maar die Vader s’n wat My gestuur het. V25 “Dit sê ek vir julle terwyl Ek nog by julle bly; V26 en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.
Joh 14:6 Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
Fil. 2:3 Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself.
**** Miskien praat Heilige Gees vandag met jou. Jy dink dalk jy is darem beter as dié ene of daardie ene . Dan sê die woord vanmôre ag daardie ene beter as jouself, want wie of wat ek en jy is, is suiwer God se genade.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 13 Februarie 2018
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag 
Nina Smit 13 Feb
Elsa Nell 13 Feb.
Sylvaine Beukes 13 Feb
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 53 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *