Heilige Gees 3

Woensdag 14 Februarie 2018 Tema: Heilige Gees 3
****My eie woorde
****Een van die take van die Heilige Gees is om ons in die hele waarheid te lei. Waarom sou Jesus sulke inligting gee? Juis omdat daar so baie misleiding is en gaan wees. Kom ek skep ‘n scenario. Jy skakel een oggend jou TV aan en daar sien jy dit ! Ja, met jou eie oë! Die heerlikste wese met miljoene engele. Hy praat met ‘n sagte heerlike stem en verskyn reg voor die Vatikaanstad waar hy seën uitspreek oor die mense. Sowaar daar is selfs merke op sy hande … Jesus het gekom ! Uiteindelik. Terwyl hy daar rondstap raak hy mense aan en hulle word voor jou oë genees. Sê my, ken jy God se woord goed genoeg om te onderskei of dit waar of vals is? Gaan jy een van die miljoene wees wat Satan gaan aanbid. Daarom moet ons leer om nou al te luister en te soek in die Woord. Geseënde dag almal!
Joh 16V12 “Ek het nog baie dinge om vir julle te sê, maar julle sal dit nie nou kan begryp nie. V13 Wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei. Wat Hy sal sê, sal nie van Homself kom nie: Hy sal net sê wat Hy hoor, en Hy sal die dinge wat gaan kom, aan julle verkondig. V14 Hy sal My verheerlik, want wat Hy van My ontvang, sal Hy aan julle verkondig. V15 Alles wat aan die Vader behoort, behoort ook aan My; daarom dat Ek gesê het: Wat Hy van My ontvang, sal Hy aan julle verkondig.”
2Kor. 11:14 En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ‘n engel van die lig.
Matt 24:23 As iemand dán vir julle sê: Kyk, hier is die Christus! of: Daar! —moet dit nie glo nie. V24 Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 14 Februarie 2018
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag.
Miennie Steyn 14 Feb
Ben Nouse 14 Feb
Rina Farmer 14 Feb
Yvette Night 14 Feb.
Alta Labuschagne 14 Feb
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 74 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *