Heilige Gees 4

Donderdag 15 Februarie 2018 Tema: Heilige Gees 4
**** My eie woorde
****Vandag se teks gedeelte sê ons moenie die Heilige Gees teenstaan nie. Hoe staan ons Hom teë. Maklik, wanneer my gewete my pla oor iets begin ek verduidelik waarom dit wat ek verkeerd doen eintlik reg is. Dan is daar ook ’n ander boodskap by hierdie een wat sê…”maar toets alles” Aaaa, daar is my antwoord die Bybel sê mos ek moet dit toets, maar wanneer ons dit klaar lees sê dit “bly weg van alles wat sleg is”. Dan vergeet ons die teks wat sê “beproef wat die HERE welbehaaglik is”. So hoe toets ek? Deur dit te meet aan die Woord van God, dit is jou maatstaf. Jy hoef nie alkohol te gebruik om te leer wat se skade dit doen nie. Die woord waarsku ons watse skade dit doen en daarmee saam kan ons maar net na al die stukkende gesinne en verwoeste lewens kyk. Wanneer mens wedergebore is en Jesus in jou lewe het, dan kyk jy nie met hoeveel kan ek wegkom nie, maar soos Saulus op die Damaskus pad vra jy ……Wat moet ek doen?
Hand 22:10 Toe vra ek: ‘Wat moet ek doen, Here?’
1 Thess5V16 Wees altyd bly. V17 Bid gedurig. V18 Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. V19 Moenie die Heilige Gees teenstaan nie. V20 Moenie uitsprake van dié wat die boodskap van God verkondig, geringskat nie, V21 maar toets dit alles, behou wat goed is, V22 en bly weg van alles wat sleg is.
Spr. 23:29 By wie is “Ag!”; by wie is “Wee my!”; by wie is getwis; by wie is geklaag; by wie is wonde sonder oorsaak; by wie is dofheid van oë? 30 By die wat láát opbly by die wyn, by die wat ingaan om gemengde drank te proe. 31 Kyk nie na die wyn as dit rooiagtig lyk, as dit sy glans gee in die beker, glad na binne gly nie: 32 op die end byt dit soos ‘n slang en spuug gif uit soos ‘n basilisk.
Joh. 8:V31 Toe sê Jesus vir die Jode wat in Hom glo: “As julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels; V32 en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.”
Efes 5:10 En beproef wat die Here welbehaaglik is;

]GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 15 Februarie 2018
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou
bederf dag. (**,)
Nandi Maré 15 Feb
Janice Mathys 15 Feb. Namibie
Veronica Barkhuizen 15 Feb.
Susan du Preez 15 Feb
Daleen Taute 15 Feb
Helena Naude 15 Feb.
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 81 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *