Heilige Gees 5

Vrydag 16 Februarie 2018 Tema: Heilige Gees 5
**** My eie woorde
****Hier is vandag 3 funksies van die Heilige Gees, nl.
• Hy gee ons krag om staande te bly en te getuig.
• Hy gee ons vrymoedigheid om die Evangelie te verkondig.
• As ons die Woord studeer sal daar tye vorentoe kom waar ons moet opstaan vir ons geloof en dan sal die Heilige Gees die regte woorde op die regte tyd gee wat mense sal verstom.
Onthou net as ek nooit die Bybel oopmaak nie gaan Hy nie iets in my en jou gedagtes vind om ons te herinner nie
Hand 1 V8 Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees……
Hand 4:V31 Nadat hulle gebid het, het die plek waar hulle bymekaar was, geskud. Hulle is almal met die Heilige Gees vervul en het met vrymoedigheid die woord van God verkondig.
Mark.13:11 En wanneer hulle jul weglei om julle oor te lewer, moenie julle vooraf kwel oor wat julle sal spreek nie, en moenie daaroor dink nie; maar wat julle in dié uur gegee word, dit moet julle spreek; want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Heilige Gees.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 16, 17 & 18 Februarie 2018
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou
bederf dag
Lenie Fourie 16 Feb
Gailin Engelbrecht 17 Feb.
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 85 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *