Jy moet kies 3

Woensdag 7 Februarie 2017 Tema: Jy moet kies 3

**** My eie woorde

****Vandag se gedeelte praat nogal hard met my. Ek het dit al so baie gelees maar nogtans tref dit my weer vanoggend. As ek agter Jesus wil aangaan is die eerste ding in my pad “self” Ek is reg, en ek sal dit so doen, en ek sal hulle wys wie is ek. Die tweede ding is, wat ook al my kruis is, moet ek dit net sommige dae opneem en ander dae kerm en kla? Nee, daar staan ek moet my kruis ELKE dag opneem. Wat is jou kruis vandag? Tel jou las op en gee dit vir Jesus en gaan positief voort. Dan die 3de ene VOLG HOM. Ek lees weer vanmôre die pad wat Christus vir my gestap het. Die Skepper God as mens, word flenters geslaan dat die bloed loop en uitgejou en Hy bid vir hulle. Hoe bitter vêr skiet ons tekort. Daarom wil ek vanoggend vir jou sê, wat ook al jou kruis is vandag …sê vir Jesus : “ Here vandag vat ek hierdie ding saam met U en ek stap in geloof en blymoedigheid agter U aan. Dis my keuse vandag, wat van jou?

Luk. 9:23  En Hy sê vir almal: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg. Jes 53:5  Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom. V6  Ons het almal gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop, maar die Here het ons almal se sonde op hom laat afkom. V7  Hy is mishandel, maar hy het geduldig gebly, hy het nie gekla nie. Soos ‘n lam wat na die slagplek toe gelei word en soos ‘n skaap wat stil is as hy geskeer word, het hy nie gekla nie.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit

onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

VERJAARSDAE 7 Februarie 2017

Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die

HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n

besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou

bederf dag.

Marinda v den Bergh 7 Feb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 107 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *