Jy moet kies 4

Donderdag 8 Feb. 2017 Tema: Jy moet kies 4

**** My eie woorde

****God se dryfveer is LIEFDE tot  REDDING en daarom  DRING Sy liefde ons, dit dwing ons nie. Die bose gebruik dwang. Soms hoor ek mense sê die HERE straf my omdat ek dit en dat verkeerd gedoen het. Nee, Hy laat juis situasies toe sodat jy kan omdraai van jou verkeerde weë waar jy gefouteer het. Soms verkeer ons in ellende omdat ons verkeerd gekies het en ons sit met die gevolge daarvan in ons lewe en dan blameer ons. Onthou daar niks onmoontlik by ons Hemelse Vader nie. Wanneer ons kyk na Elia se situasie sien ons hoe alleen hy gestaan het. Ek meen, mens sou ten minste verwag dat die volk sou sê: “ Elia hier is ons ons ken jou karakter, ons staan almal agter jou, ons God gaan jou deurdra ons gaan jou ondersteun in gebed “ Tog is dit nie wat gebeur nie. Hulle bly stil. Draadsitters. Vergeet van die eer van mense. In Daniël se tyd staan slegs 3 manne op in ‘n stad vol mense. So ek praat ernstig met jou vandag, al is jy daar waar jy is, die enigste ene, staan op vir ons Skepper, al word jy platgetrap, al voel jy jy word misbruik, doen dit vir Hom. Dit is ons vrye keuse. Dan die vraag vir my en jou “Hoe lank hink julle op twee gedagtes?” 

1 Kon 18:21  En Elía het nader gekom na die hele volk en gesê: Hoe lank hink julle op twee gedagtes? As die HERE God is, volg Hom na; en as Baäl dit is, volg hom na! Maar die volk het hom niks geantwoord nie.

2 Korintiërs 5:14  Want die liefde van Christus dring ons,

Mal.2:17  Julle vermoei die HERE met julle woorde. Nogtans vra julle: Waarmee vermoei ons Hom? Deurdat julle sê: Elkeen wat kwaad doen, is goed in die oë van die HERE, en in hulle het Hy ‘n behae; of waar is anders die God van die reg?

Luk 19:10  Die Seun van die mens het immers gekom om te soek en te red wat verlore is.”

Tit.2:11  Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit

onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

VERJAARSDAE 8 Februarie 2017

Johan Johnstone 8 Feb.

Sonja Wallis 8 Feb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 112 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *