Jy moet kies 5

Vrydag 9 Feb. 2017 Tema:  Jy moet kies 5

**** My eie woorde

****Vandag se gedeelte sluit aan by gister se deel, ons het ‘n keuse. Onthou hierdie keuse bring ons op die smal pad en daar is min op hierdie pad. Sê vir my wat is daar in jou lewe wat jy nie bereid is om oor te gee nie. Ek en jy kies en verkies om ons Vader te dien deur Sy Seun wat Sy lewe vir ons gegee het. Tog is daar hierdie een ding…nee, wat dit is darem nou teveel gevra. Jy worstel al jare met hierdie ding… jy weet wat dit is, dalk jou vleeslike begeertes, miskien is jy ’n slaaf van pornografie, rook, alkohol ,egbreek, leuens, misleiding, pille, onvergewensgesindheid, bitterheid woede ……  Daardie een ding wat tussen jou en God staan dit is jou afgod. Waarom? Omdat jy dink dis waar jou krag en sterkte vandaan kom. Dit staan tussen jou en ‘n volkome oorgawe. Inteendeel die HERE vra net jou gewillige hart dis al. So wat staan jou te doen? Erken voor die HERE en sê Here ek WEET die ding is verkeerd maar ek het nog nie oorwinning daaroor nie ..ek vra U help my. Josua sê vir die volk …”julle moet kies” Ek en jy moet kies….

Jos.24:15  Maar as dit verkeerd is in julle oë om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: òf die gode wat julle vaders daar oorkant die Eufraat gedien het, òf die gode van die Amoriete in wie se land julle woon; maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.

Jes 40:29  Hy gee die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie.

Matt. 16:26  Want wat baat dit ‘n mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly? Of wat sal ‘n mens gee as losprys vir sy siel?

Ps 38:18  (38:19) Ja, my ongeregtigheid bely ek, ek is bekommerd oor my sonde.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit

onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

VERJAARSDAE 9, 10 &11 Februarie  2017

Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die

HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n

besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou

bederf dagJ

Hannelie Stadler 9 Feb

Maryna Mostert 9 Feb.

Willie Botha  10 Feb

Jacques Joubert 10 Feb

Michelle Viljoen 10 Feb

Rina Barnard 11 Feb.

Elmarie Luus 11 Feb

Cliff Wright 11 Feb.

Renatha Fourie 11 Feb

Roseline.Davids 11 Feb.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 111 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *