KONINGINPOEDING

Anna Eksteen

Bestanddele
6 snye witbrood, dun gesmeer met botter
4 eiergele
30ml suiker
900ml melk
10ml brandewyn
knippie sout
5ml vanieljegeursel
125ml room
warm appelkooskonfyt
4 eierwitte
30ml strooisuiker

Metode
Pak die snye brood in ‘n gesmeerde oondbak. Klits die eiergele en suiker goed saam. Voeg die melk, brandewyn, sout en vanieljegeursel by en klits weer goed. Gooi die room by en klits liggies saam. Giet oor die brood en laat week vir 20-30 minute. Verhit intussen die oond tot 180C. Sit die bak in ‘n groter oondbak met warm water en bak vir sowat 1 uur. Haal die poeding uit en smeer warm appelkooskonfyt rojaal oor. Klits eers die eierwitte styf en klits dan die strooisuiker by tot die mengsel soos meringue lyk. Skep oor die brood en sit terug in die oond teen 160C tot bruin.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 201 times, 1 visits today)
Advertisements
 

4 thoughts on “KONINGINPOEDING”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *