MACARONI  MET  GEBAKTE  BONE

Rika Theron

Bestanddele
15 ml olie,
2 uie, fyngekap,
1 knoffelhuisie, fyngemaak,
25 ml gekapte pieterselie,
1 blikkie gebakte bone in tamatiesous,
sout & peper,
250 g macaroni,
45 ml gerasperde kaas,
1 groot tamatie, in ringe gesny.

Metode
Verhit olie in kastrol en braai ui en knoffel daarin tot sag en deurskynend.  Voeg bone, pieterselie, sout & peper by en verhit tot dit deurwarm is.  Kook macaroni.  Skep ‘n laag macaroni in ‘n gesmeerde bakskottel en skep ‘n laag boontjies bo-oor.  Herhaal en strooi die kaas oor.  Rangskik die tamatieringe bo-op en bak 20 min. (180°C)

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 204 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *