PIESANG BLATJANG:

Anna Eksteen

Bestanddele
12 geskilde piesangs, in ringe gesny
250 ml sultanas
2 groot gekapte uie
250 ml suiker
15 ml kerriepoeier
500 ml wit asyn
15 ml sout
knippie rooipeper
2 stukke pypkaneel

Metode
Meng die bestanddele in ‘n geskikte kastrol en prut stadig tot dik. Kook sonder ‘n deksel en roer gereeld omdat dit baie maklik aanbrand. Die blatjang behoort binne sowat 35 minute dik en geurig te wees. Proe en verwyder die kaneel. Skep in gesteriliseerde flesse.. Bewaar om ryp te word. Die blatjang kan onmiddelik geeet word of kan in koel donker plek vir 4 tot 6 weke gestoor word sodat die blatjang kan ryp word. Wanneer die blatjang ryp word begin dit donkerder van kleur word.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 322 times, 1 visits today)
Advertisements
 

2 thoughts on “PIESANG BLATJANG:”

    1. Die blatjang kan onmiddelik geeet word of kan in koel donker plek vir 4 tot 6 weke gestoor word sodat die blatjang kan ryp word. Wanneer die blatjang ryp word begin dit donkerder van kleur word.

       

Leave a Reply to Annalien Boehm Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *