Tahini (sesame saad botter)

Bron: Kos as dit knyp, Emilia le Roux

Bestanddele
2 k sesame saad (gewoon of uitgedop)
1/4 k slaai olie (nie olyfolie nie)

Metode
Rooster die saad vir 3-4 minute in ‘n droë pan oor matige hitte, tot die saadjies blink word.
Die saadjies moenie bruin raak nie, maar net wil-wil verkleur.
Skep die saad in ‘n voedselverwerker en skakel dit aan.
Gooi die olie in ‘n dun straaltjie by tot in gladde, loperig pasta gevorm word.
En dis dit.
Dit bly lank goed in die yskas.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 366 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *