Toffie-en-roomysskywe

Toffie sous
15 ml suurlemoensap
60 ml water
250 ml strooisuiker
150 ml dik room
50 g botter

1 liter sagte vanieljeroomys
100 g okkerneute of pekanneute, grof gekap

Vir die sous:
Verhit die suurlemoensap, water en suiker stadig oor lae hitte, terwyl geroer word, tot al die suiker gesmelt is.
Verhoog die hitte en kook vinnig tot die mengsel ’n diep goue kleur kry.
Verwyder van die hitte en roer die room by.
Roer tot goed gemeng en voeg nou die botter by.
Roer tot gesmelt.
Laat afkoel.

Metode
Wanneer die sous koud is, skep ’n bietjie daarvan in ’n goed gesmeerde broodpan wat met kleefplastiek uitgevoer is. Sprinkel neute oor. Skep roomys bo-oor en drup weer ’n goeie laag sous oor die roomys en dan nog neute. Herhaal dié lae en eindig met ’n laag roomys. Bedek en vries tot hard.

Om te bedien: Keer uit op ’n dien bord en sny in skywe.
Genoeg vir 10-12 mense.

Bron:  ARINA DU PLESSIS

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 225 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *