Vanieljeroomys

Bestanddele
600 ml volroommelk
Knippie sout
1 vanieljepeul
8 groot eiergele
100 ml strooisuiker
30 ml vloeibare glukose
500 ml dik room

Metode
Verhit die melk en sout tot kookpunt en verwyder dan van die hitte.
Sny die vanieljepeul oop en skraap die saadjies uit.
Voeg die saadjies en die peul by die melk en laat staan vir 30 minute.
Haal die peul uit en gooi weg.
Verhit die melk weer tot kookpunt.
Klits die eiergele en strooisuiker goed saam en voeg die warm melk in ’n dun straaltjie hierby, terwyl geklits word.
Voeg die glukose by en roer tot dit gesmelt is.
Verhit alles saam oor lae hitte en roer aanhoudend, tot die vla dik word, maar moenie kook nie.
Giet die vla in ’n geskikte houer vir die vrieskas en sit ’n vel kleefplastiek bo-op sodat dit nie ’n velletjie bo-op vorm nie.
Laat só afkoel tot kamertemperatuur en vries dit dan.
Klop die vla elke nou en dan, terwyl dit vries, om groot yskristalle te voorkom.
Klits die room tot sagte punte vorm en vou by die mengsel in.
Vries weer en klits weer ’n paar keer gedurende die proses.
Haal die roomys uit die vrieskas ’n paar minute voor jy dit wil voorsit sodat dit effens kan sag word.
Genoeg vir 8-10 mense.

Bron:  ARINA DU PLESSIS

 

Roomys sous resep  http://www.liplekker.co.za/2018/01/rentia-se-sjokolade-sous-vir-roomys.html/

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 179 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *