Wysheid 4

Donderdag 1 Februarie 2018 Tema: Wysheid 4
**** My eie woorde
**** In vandag se gedeelte sien mens hoe ons Skepper as die Alleenwyse beskryf word. Niks of niemand op aarde kan opweeg teen Sy verstand en gedagtes nie. Onthou Hy is en bly God van die heelal. Indien ons Hom sou begryp en verstaan was Hy nie God nie. Ons leer al 6000 jaar as mense en ons kon nou eers rekenaar en tegnologie ontwikkel waarvan Hy die kennis en insig alreeds gehad het. Daarom sê die Psalmis wysheid begin juis om Hom te dien ….dis waar jy begin.
Spreuke 8:11 Ek, Wysheid, is kosbaarder as edelstene; wat jy ook al as baie werd beskou, teen my weeg dit nie op nie. 12 “Ek, Wysheid, het die verstand, ek het die kennis en die skranderheid. 13 Om die Here te dien, is om te haat wat verkeerd is. Daarom haat ek hoogmoed en hovaardigheid, ‘n verkeerde lewe en slinkse woorde. 14 Wie my het, het raad en behaal sukses, ek verleen insig, ek is die een wat die mag gee.
Jes 40:28 Weet jy dit nie? Of het jy dit nie gehoor nie? ‘n Ewige God is die HERE, Skepper van die eindes van die aarde; Hy word nie moeg of mat nie; daar is geen deurgronding van sy verstand nie.
Ps. 10 Wysheid begin met die dien van die Here; almal wat dit doen, het ware insig. Die roem van die Here hou altyd stand. GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 1 Februarie 2018
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag. Mag die HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag
Karen Nienaber 1 Feb
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 89 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *