Ek hardloop… 5

Ek het gister 15 cd’s gepos, diegene wat bestel het hou jou pos dop asb.

Vrydag 2 Maart  2018 Tema: Ek hardloop… 5

**** My eie woorde

**** Waarheen hardloop ek en jy in ons nood….eers probeer ons self, dan na ander of selfs na alkohol of pille en dan as niks help nie dan roep ons uit na Jesus? Vandag se gedeelte sien ons twee persone wat na Jesus hardloop, die een is vol duiwels die ander is vol van homself. Die een word aangeraak en die ander gaan bedroef weg, omdat hy nie van iets wou afsien nie, in sy geval sy besittings. Waar pas ek en jy in as ons na Jesus hardloop? Roep ons uit in ons nood en wag in geloof, of vertel ons Hom hoe Hy alles wat verkeerd is, moet regmaak. Onthou Hy is God Hy het ons geskep al wat ons kan vra is HERE laat U wil geskied. Wie of wat stel jy bo Christus in jou lewe, dit moet ons elkeen self beantwoord.

Markus 5:6  En toe hy Jesus van ver af sien, hardloop hy en val voor Hom neer V15  Toe kom hulle by Jesus en sien die besetene sit, gekleed en by sy verstand—die een wat die legioen gehad het. En hulle was bevrees.

Markus 10:17  En toe Hy op die pad uitgaan, hardloop daar een na Hom toe en val voor Hom op die knieë en vra Hom: Goeie Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe? V22  Maar hy het treurig geword oor dié woord en bedroef weggegaan, want hy het baie besittings gehad.

Mat 10:37  Wie vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig nie; en wie seun of dogter bo My liefhet, is My nie waardig nie. V38  En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit

onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

VERJAARSDAE 2, 3 & 4  Maart  2018

Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die

HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n

besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou

bederf dagJ

Louise de Wet 3 Mrt

Thakani Sithole 3 Mrt

Christelle Steel 3 Mrt

Michael Nell 3 Mrt

Flip Brink 3 Mrt.

Phillys Bossert 4 Mrt.

Mercia Beukes 4 Mrt

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 118 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *