Wees nugter 1

Maandag 12 Maart.2018 Tema: Wees nugter 1

**** My eie woorde

1Thess 5:6 Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees.

1Thess 5:8  Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees, met die borswapen van geloof en liefde aan, en as helm die hoop op die saligheid.

**** Die grootste aanslag in vandag se tyd is juis daar waar ander nie sien nie en dit is in ons gedagtes. Ons is elkeen, elke dag en elke oomblik besig om te dink en keuses te maak, en juis daarom kom die ernstige waarskuwing in God se woord dat ons nugter moet wees. In vandag se taal sou dit sê “wees koelkop” Daarmee saam sê dit hoe ons ons gedagtes moet beskerm. Ons borswapen is liefde en geloof. Dink daaraan as jy hierdie twee goed in jou denke gebruik, en jou daaraan meet dan bly jou gedagtes skoon en gefokus. Wanneer jy weer negatiewe dinge dink vra jouself af, is dit liefde tot God en my medemens. Wys ek daarmee dat ek GLO dat God in beheer is in my lewe? Dan daardie wonderlike wete dat God my gedagtes nuut kan maak.

Rom 12:2 (NV) Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit

onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

VERJAARSDAE 12 Maart 2018

Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag J

Rose Visser 12 Mrt

Karen Oosthuizen 12 Mrt

Piet le Roux 12 Mrt

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 100 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *