Wees nugter  4

Donderdag 15 Maart 2018 Tema: : Wees nugter  4

Luk 11:17 Maar Hy het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en ‘n huis wat teen homself is, val.

Matt 15:19  Want uit die hart kom daar slegte gedagtes, moord, egbreuk, hoerery, diewery, valse getuienis, lastertaal.

1Pet 4:7 En die einde van alle dinge is naby; wees dan ingetoë en
nugter, om te kan bid.

**** Vanoggend sê die Here vir my en jou, Hy ken ons gedagtes, want dis juis daar waar die sonde reeds begin, maar dan die wyse aanbeveling………wees ingetoë en nugter om te kan bid. Eintlik sê Hy neem tyd en word stil voor My. Die Here het ons elkeen ‘n gesonde verstand gegee, en daarmee saam Sy Heilige Gees moenie daardie wonderlike geskenke uit Sy Hand verwaarloos nie want dit is kosbaar. Wanneer is jy “nugter”? Vroeg in die oggend as dit stil is. Kry vir jou ’n plekkie en begin jou dag met Hom.  Kyk wat doen die Heilige Gees vir ons , Hy oortuig ons van 3 dinge , sonde , geregtigheid en oordeel . Geregtigheid is hoe om skoon te kom deur belydenis bekering en verlossing deur Christus. Daarmee saam ’n oordeel wat vir ons elkeen wag as ons nie wil luister nie . Sy genade is genoeg maar daar kom ’n tyd dat Hy sê “ Ek het alles gedoen wat Ek kon , dis nou genoeg”

Joh. 16:8  en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel:

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit

onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

VERJAARSDAE 16 Maart 2018

Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag. (**,)

Abigail Lessing 15 Mrt

Yolande Barnard 15 Mrt

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 71 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *