Ons sê Dankie 2

Dinsdag 27 Maart.2018 Tema: Ons sê Dankie 2
**** My eie woorde:
**** Goeiemôre almal! Het jy onthou om gisteraand en vanmôre vir die HERE dankie te sê vir 3 goedjies.? Ek kon gisteroggend ’n paar kilometer gaan stap en Hy het Sy engele gestuur om my veilig te hou, ek kon lekker beskuit bak, my man se gunsteling en ek kon in ’n lekker sagte bed klim na die dag se takies. Wat ’n voorreg om so bederf te word. Waarmee het die HERE jou bederf wat jy nie eers agtergekom het nie ? Kyk hoe dankbaar is Dawid wanneer hy met die HERE praat.

Ps 100:1 ‘n Psalm. By die lofoffer. Juig voor die HERE, o ganse aarde! V2 Dien die HERE met blydskap; kom voor sy aangesig met gejubel. V3 Erken dat die HERE God is: Hy het ons gemaak, en ons is syne, sy volk en die skape van sy weide. V4 Gaan sy poorte in met lof, sy voorhowe met lofgesang; loof Hom, prys sy Naam. V5 Want die HERE is goed; sy goedertierenheid is tot in ewigheid, en sy trou van geslag tot geslag.

**** Mag jou dag geseënd wees en mag ons opnuut vanaand kan dankie sê vir alles wat ons net so as vanselfsprekend aanvaar
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 27 Maart 2018
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE
jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in
jou verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag 
Geen bekend
Sonja Venter 27 Mrt
Linda Nel 27 Mrt
Wilma de Rademan 27 Mrt
Marietjie Roux 27 Mrt.
Hazel Chiloane 27 mrt
Gerrie Nel 27 Mrt
Sarie Gouws 27 Mrt.
Kayla v Niekerk 27 Mrt.
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 136 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *