AARTAPPEL-EN-SARDYNTJIEGEREG

Rika Theron
(6 porsies)

Bestanddele
1 kg aartappels,
3 medium uie, in ringe gesny,
50 ml botter,
1 blik sardyne,
250 ml witsous,
sout,
peper en 2 ml paprika.

Metode
Skil aartappels en sny in ringe. Braai ui liggies in botter. Verwyder uit pan. Braai aartappels liggies in dieselfde pan tot gaar. Skep ‘n laag aartappels gevolg deur ‘n bietjie uie in oondskottel. Geur. Dreineer sardyne. Skep witsous oor. Pak res van aartappels en uie bo-op. Geur elke laag goed. Strooi paprika oor. Bak 20 – 25 minute (200°C). Bedien met mengelslaai.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 560 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *