Bang vir…1

Maandag 19 Maart.2018 Tema: Bang vir…1

**** My eie woorde

**** Wanneer ek vanoggend sou vra “waarvoor is jy bang?”  sou ek baie verskillende antwoorde gekry het. Verseker sou ek ’n paar dapperes hoor sê soos die liedjie van die dapper muis “ Daar is niks waarvoor ek skrik nie” Dan wanneer ek en jy eerlik na binne kyk, en ons besef ons voel bang en onseker, nie net vir die dinge om jou nie,  maar ook vir dit wat op jou wag. Verder pak skuld gevoelens jou beet want moontlik kon jy dit of dat anders gedoen het en was jy nie nou in die situasie nie. Tog wil ek vandag vir elkeen sê dat ons die Here so bietjie meer krediet moet gee. As jou kind vanoggend  bang en onseker voel, wat doen jy…stuur jy  hom weg en sê, ag jy is laf waaroor “worry” jy, of gaan sit jy en luister na sy onsekerhede, sy kommer en twyfel. Moontlik sê jy dan “ Onthou maak nie saak wat vandag met jou gebeur nie , ek is altyd hier vir jou …. Is ons dan beter as ‘n genadige God wat die Hemel vir ons leeg gemaak het, juis omdat Hy ons so lief het.  Dink jy as jy vanmôre eerlik vir Hom sê hoe jy voel –  HERE ek is bang en onseker, my werk is in gedrang, my siekte oorweldig my, dis donker om my ek weet nie wat wag nie , my huwelik wankel …dat Hy jou sal wegstuur en sê : “Gaan werk aan jou geloof dan kom praat jy weer met My” Nee, ons Verlosser is ’n God wat verstaan want Hy het mens geword dat Hy kan verstaan wat ons deurgaan. Vanoggend sê Hy vir jou wat Hy vir Josua gesê het

Jos. 8 V1 Die Here het vir Josua gesê: “Moenie bang wees nie, moenie bekommerd wees nie. Neem al die manskappe met jou saam en trek op teen Ai…….

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

VERJAARSDAE 19 Maart 2018

Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag J

Trudie Lourens 19 Mrt.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 93 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *