Bang vir 2

More is ‘n openbare vakansiedag in RSA dan sal daar geen dagstukkie wees nie .

Dinsdag 20 Maart.2018 Tema: Bang vir 2

**** My eie woorde:

**** Goeiemôre almal. Ek het gister ’n proeflopie gedoen met ’n stemboodskap op die Whatsapp groepie. Baie dankie vir die positiewe terug voer. Daar is sommige wat dit liewer in getikte formaat wil ontvang en ander verkies die stemboodskap. Ek het nou 2 broadcast groepies gemaak, indien jy albei wil ontvang of net die een laat weet my gerus

****Vanoggend se skrif gedeelte is vir my so bemoedigend. God is wel ’n God van geregtigheid en sonde kan nie in Sy teenwoordigheid bestaan nie, maar Sy karakter is liefde en redding   Toe die Here Israel bemoedig,  wys Hy hulle op twee dinge….eerstens hoe Hy hulle in die verlede gelei het en dan die blye versekering dat Hy by hulle is maar Hy herinner hulle dat Hy die groot en Magtige God is. Daarmee saam herinner Paulus ons dat Jesus Christus onveranderlik is

Deut 7 V17 “Jy kan dalk dink: hierdie nasies is sterker as ek. Hoe sal ek hulle kan verdryf? V18 “Moenie vir hulle bang wees nie. Dink net wat die Here jou God met die farao en die hele Egipte gedoen het.….V21 Moenie vir hulle bang wees nie, want die Here jou God is by jou en Hy is ‘n groot en magtige God.

Heb 13:8  Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.

****Daarom wil ek vandag vir jou sê onthou altyd hoe die HERE jou in die verlede gelei het, moet dit nie vergeet nie, want Hy het nie verander nie

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit

onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

VERJAARSDAE 20 & 21 Maart 2018

Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag J

Sylvia Erasmus 20 Mrt.

Jeanetta Gewers 20Mrt

Varity Langeveld 20 Mrt

Corrie Marx 20 Mrt.

Elizabeth Els 21 Mrt

Johan Freysen 21 Mrt

Gerna Bonthuys 21 Mrt

Susan v Eck 21 Mrt

Belinda Maritz 21 Mrt

Reinhard Nell 21 Mrt

Carol Fisch 21 Mrt

 

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 94 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *