Bang vir.. 4

Donderdag 22 Maart 2018 Tema: Bang vir.. 4

**** My eie woorde

**** Goeiemôre almal. Ek hoop diegene wat n blaaskansie gehad het, is sommer weer vol moed vir die res van die week. Vanoggend kyk ons na twee situasies.  Dawid praat uit ervaring omdat Saul soveel keer sy lewe gesoek het. Nogtans het die Here hom beskerm en vra hy met soveel vertroue “vir wie sou ek bang wees?”

Psalm 27 V 1 Die Here is my lig en my redder, vir wie sou ek bang wees? Die Here is my toevlug, vir wie sou ek vrees? V2 As misdadigers op my afstorm om my dood te maak, my teëstanders en my vyande, dan is dit juis húlle wat struikel en val. V3 Al sou ‘n leër teen my stelling inneem, sal ek nie bang word nie. Selfs al sou die aanval op my begin, sal ek nog steeds vertroue hê.

Matt 8V25 Hulle kom toe en maak Hom wakker en sê: “Here, red ons! Ons vergaan!”  V26 Hy sê vir hulle: “Waarom is julle bang, kleingelowiges?”

**** Hier sien ons dat wanneer ek en jy bang is, is ons eintlik kleingelowig. Onthou net een ding, elkeen op hierdie aarde moet sterf, indien ons nie bly lewe tot Jesus kom nie. Die vraag is, is ek gereed? Dis ’n vraag wat ons elkeen self moet beantwoord .

1Joh 5V12  Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie.

**** Geseënde daggie aan almal

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit

onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

VERJAARSDAE 22 Maart 2018

Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE

jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in

jou verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag. (**,)

Gert Viviers 22 Mrt

Heleen Zeelie 22 Mrt

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 85 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *