Bang vir… 5

Vrydag 23 Maart  2018 Tema: Bang vir… 5

**** My eie woorde

**** Goeiemôre almal. Ek glo soveel van ons sê harte loop oor van dankbaarheid vir die wonderlike reën wat ons gekry het . Dit herinner my aan die teks gedeelte in Matt. 5  waar Jesus sê:”Hy laat Sy son opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges. Hoe anders is Sy liefde as myne en joune. Ek sluit dan hierdie tema van bang wees af met hierdie kosbare beloftes vandag.

Luk 12 V4 “Aan julle, my vriende, sê Ek: Moenie bang wees vir dié wat die liggaam doodmaak en daarna niks verder kan doen.  V5 Ek sal vir julle sê vir wie julle bang moet wees: vir Hom wat mag het om, ná die dood, in die hel te werp. Ja, Ek sê vir julle, Hóm moet julle vrees. V6 “Word vyf mossies nie vir twee sent verkoop nie? Tog word nie een van hulle deur God vergeet nie.  V7 self die hare op  julle kop is almal getel. Moenie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.”

Jes 41:V10 Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou. V11 Almal wat teen jou te kere gaan, sal teleurgesteld staan en die aftog blaas. Jou teëparty sal soos niks word, hulle sal omkom.

**** Onthou elke ding wat met my en jou gebeur is juis God se uitroep om te sê : Kom na my toe”

GETUIENISSE en TERUGVOER

H.E. getuig:

Baie dankie vir die wonderlike werk wat jy doen, ek glo dat soos jou boodskappe my elke dag inspireer en gehelp het om Christus weer te vind, dat Hy net so baie ander mense deur jou bereik. Dis nou 2 jaar vandat HY my op n nuwe pad geplaas het en baie intense ervarings gehad. Maar dit het gevoel of ek die pad alleen loop want ek het nie uitgereik na Hom in daardie tyd…ek het Sy hand laat gaan. Toe word als te veel vir my en het moed opgegee. Maar HY het nooit opgegee op my. Hy het aanhou klop en Sy hand nooit onttrek. Ek sal bladsye moet skryf om te vertel hoe Hy Sy mag en wysheid aan my openbaar het vandat ek n jaar terug weer vashou aan Hom. En glo my ek hou Hom sommer styf vas met albei hande en wil nooit weer laat gaan. Om weer te hoop, glo en vertrou het nie maklik gekom, maar ek wou graag en dis al wat lyk my nodig was. Ek moes net Sy teenwoordigheid in my lewe weer begeer en smag na Hom. Op my eie krag en manier van dinge doen, het my hele lewe n gemors geword, regtig n baie BAIE groot gemors. Vir my. Maar duidelik nie vir Hom. Niks maar niks is te veel vir Hom. En Hy het die mag om ons letterlik en figuurlik terug te bring van die dood! Ek prys Hom met my hele wese!!! By Hom is daar net liefde en genade en begrip. En Sy krag het GEEN perke!!!

**** Ek kan maar net sê soos die liedjie wat sê: “How Great Thou Art” … Hoe groot is U

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit

onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

VERJAARSDAE 23, 24 & 25 Maart 2018

Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die

HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n

besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou

bederf dagJ

Susan Mentor 23 Mrt

Wilna Marks 23 Mrt

Estelle Nell 23 Mrt.

Regina Bruwer 23 Mrt

Charmaine Engelbrecht 23 Mrt

Gert Jacobs 24 Maart

Madelein Cloete 24 Mrt

Esmé Oosthuisen 24 Mrt

Evelyn Saunders 24 Mrt

Bendella Riddles 24 Mrt.

Magda Mynhardt 25 Mrt.

Chene Crause – 25 Mrt.

Donel Williams 25 Mrt.

Ryno de Bruyn 25 Mrt.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 91 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *