Ek hardloop… 4

Donderdag 1 Maart 2018 Tema: Ek hardloop… 4

**** My eie woorde

****Goeiedag almal. Waarlik trek ons alweer in die 3de maand van die nuwe jaar. Vandag se gedeelte is eintlik ‘n paradoks. Op die lewensbaan ontvang net een ‘n prys, maar op God se baan ontvang elkeen ‘n prys …die voorwaarde is jy moet die wedloop voltooi, al kom jy laaste. So al struikel jy en jy val …staan op moet net nie bly lê nie. Miskien voel jy dat jy tans nie meer hardloop nie, jy kruip eintlik…dit maak nie saak nie hou net aan. Onthou aan die einde wag daar  ‘n ewigheid saam met ons Skepper sonder al die seer en verkeerd wat ons nou beleef. So bly fokus op die einddoel en wees ’n oorwinnaar deur Jesus se krag.

1Kor 9V24  Weet julle nie dat die wat op die baan hardloop, wel almal hardloop, maar dat een die prys ontvang nie? Hardloop só dat julle dit sekerlik kan behaal.

Markus 10:31  Maar baie wat eerste is, sal laaste wees, en die wat laaste is, eerste.

1 Johannes 4:4  Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is.

Romeine 12:21  Laat jou nie deur die kwaad oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.

Openbaring 3:5  Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal sy naam bely voor my Vader en voor Sy engele.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit

onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

VERJAARSDAE 1 Maart 2018

Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE

jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in

jou verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag. (**,)

Geen bekend

Wayne Shirley 01 Mrt

Werner Coetzee 1 Mrt

Audrey Vengadasamy 1Mrt

 

 

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit

onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

VERJAARSDAE 28 Feb. 2018

Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag.

Marthie Jordaan 28 Februarie

Ans Simich 28 Feb

Suzine Uys 28 Feb

Anton Smit 28 Feb

Drienie v d Berg 29 Feb

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 102 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *