Melktert ~ (1)

Lynette Muller

Maak eers die kors, verkoel in die yskas en gaan voort met die res van die resep.

KORS
100 ml botter
100 ml suiker
2 eiers
175 ml meel
5 ml bakpoeier
Knypie sout

Metode:
Plaas die botter en suiker in ‘n mengbak en verroom
Voeg die eiers by die mengsel en hou aan roer
Voeg die koekmeel en bakpoeier by en roer goed
Voeg ‘n knypie sout by en roer deeglik
Plaas die beslag in die yskas – dit help om dit makliker in die bak te smeer

VULSEL
750 ml melk
50 ml koekmeel
50 ml mielieblom
300 ml suiker
250 g botter
4 eiers
5 ml vanilla geursel
fyn kaneel
Spray & Cook

Metode:
Verhit oond tot 180 grade
Spuit twee tertpanne goed met Spray & Cook
Hou 150 ml melk eenkant en voeg die koekmeel en mielieblom by en meng goed saam
Voeg die suiker en geursel by en roer saam – hou eenkant
Meng die res van die melk in ‘n kastrol
Laat die melk begin warm word
Skei die eiers in aparte bakkies – hou eenkant
Voeg die botter by die melk wat begin kook het
Voeg die meelmengsel by die melk wat begin kook het, terwyl jy heeltyd roer, totdat dit begin verdik
Sodra die mengsel verdik, voeg die eiergele by, terwyl jy heeltyd roer – haal van die plaat af, maar hou aan roer
Klits intussen die eierwitte tot styf
Roer die eierwit vinnig by die mengsel
Smeer nou die korsmengsel wat in die yskas was teen die kante en bodem van die gemeerder bakplate
Begin aan die kant en werk dan middel toe, totdat die hele bakplaat bedek is
Voeg die vulselmengsel in die bakplate bo-oor die korsmengsel en bak vir 25-30 minute
Die gebakte beslag sal stol terwyl dit afkoel
Sprinkel fyn kaneel oor die melkterte

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 482 times, 1 visits today)
Advertisements