Ons sê Dankie 1

Maandag 26 Maart.2018 Tema: Ons sê Dankie 1

**** My eie woorde

**** Goeiemôre almal . Hierdie is weereens ’n kort week omdat die skole sluit.  Ek  neem dan ook so wegbreek vanaf Woensdag en begin weer so die HERE wil 9 April. Ek lees in ’n boekie van iemand wat begin het om die 3 D’s in sy lewe toe te pas vandaar ons Tema vir die week . Hy skryf dat hy begin het om elke oggend wanneer hy wakker word te dink aan 3 goed waarvoor hy vir die HERE kan dankie sê en elke aand voor hy gaan slaap dink hy aan 3 goed waarvoor hy vir die HERE dankie sê. Wat ’n wonderlike lewens filosofie is dit nie . Dis eintlik so maklik om te onthou. 3d’s Kom ons almal sê hierdie week vir die HERE dankie .

1Thess 5:18  Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.

**** Wanneer ons hierdie teks lees dan wonder mens hoe op aarde kan ons dankie sê vir die droogte ….. ons kan, want dit het vele mense laat besef, net God kan reën stuur en baie het weer opreg na Hom gedraai . Daarom kan ons ook in geloof sê “ HERE dankie vir die reën wat op pad is vir die Wes Kaap. Baie dankie dat ons hierdie woorde kan hoor en lees . Baie dankie vir U woord wat ons sonder vervolging in ons land nog kan lees en hoor.

2Kron. 20:9  As daar oor ons onheil kom—swaard, straf of pes of hongersnood—sal ons voor hierdie huis en voor U aangesig gaan staan; want u Naam is in hierdie huis; en ons sal U aanroep uit ons benoudheid, dat U kan hoor en verlos.

Daarom kan ek en jy ook vandag in ons benoudheid die HERE aanroep en weet Hy hoor en Hy verlos.

Geseënde daggie en week  vir julle almal.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit

onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

VERJAARSDAE 26 Maart 2018

Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die

HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n

besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou

bederf dag J

Marinda Nel 26 Mrt

Elizabeth Benz 26 Mrt.

Cathleen Beukes 26 Mrt

Franciné Kotzé 26 Mrt

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 113 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *