SJOKOLADE “FUDGE” BLOKKIES

Lynette Muller

Bestanddele
250 g sagte botter
500 g versiersuiker
100 ml kakaopoeier
2 eiers
2 pakke marie beskuitjies
bietjie klapper om bo-oor te strooi
Spray & Cook

Metode.
Breek beskuitjies in stukkies – maar nie te fyn – hou eenkant
(‘n Ziplock sakkie werk goed hiervoor)
Voeg die sagte botter en versiersuiker saam – meng goed
Voeg kakaopoeier by – meng saam
Mikrogolf die mengsel vir 1 minuut op 100% krag
Roer die gesmelte mengsel goed
Kits eiers en roer by mengsel
Mikrogolf vir 2 min teen 100% krag
Voeg die gebreekte beskuitjies dadelik by die beslag (die beslag kan stol as die koekies nie bestyds bygevoeg word nie) meng met sjokolade mengsel
Voeg in gesmeerde bak – druk plat
Sprinkel klapper oor en laat afkoel in yskas
Sny in blokkies

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 3,532 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *