SKILLIE SE AARTAPPEL GEREG met karringmelk

VOORVERHIT OOND TOT 200ᵒC

3 X GROOT AARTAPPLES GEWAS EN IN RINGE GESNY
2 X GROOT UIE  FYN GESNY
500ml KARRINGMELK
2 X EETLEPELS KOEKMEEL
1 X KOPPIE GERASPERDE STERK KAAS (CHEDDAR)
SOUT EN PEPER NA SMAAK
2 X EETLEPELS BOTTER
2 X EETLEPELS KOOKOLIE
1 X PAKKIE ROOM VAN SAMPIOENSOP
1 X EETLEPEL AANGEMAAKTE DUITSE MOSTERT
1 X TEELEPEL KNOFFELPOEIER

1)    KOOK DIE AARTAPPELS TOT AMPER SAG
2)    BRAAI  DIE UIE TOT SAG EN GAAR
3)    SMELT INTUSSEN DIE BOTTER GEMENG MET DIE KOOKOLIE
4)    ROER DIE KOEKMEEL BY
5)    GOOI DIE KARRINGMELK BY DIE MEELMENGSEL EN MAAK SEKER AL DIE KLONTE IS OPGELOS.
6)    INDIEN MENGSEL TE DIK IS VOEG BIETJIE WATER BY.
7)    VOEG DIE KAAS BY EN ROER DEUR TOT GESMELT.
8)    GOOI KAAS BY DIE MENGSEL EN ROER TOT KAAS GESMELT IS
9)    ROER DIE MOSTERT EN KNOFFELPOEIER BY.
10)    MENG DIE SOPPOEIER BY
11)    GOOI SOUT EN PEPER BY NA SMAAK
12)    SPRINKEL DIE AARTAPPELS MET BIETJIE SOUT EN PEPER INDIEN SO VOEL
13)    SKEP DIE SOUSMENGSEL IN ‘n OONDVASTE BAK
14)    PAK AARTAPPELS DAARIN EN ROER GOED DEUR
15)    PLAAS IN OOND EN BAK VIR 45 MINUTE
16)    BEDIEN

Met vergunning van Peet Mulder

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 825 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *