SPEK EN LENSIESOP:

Anna Eksteen

Bestanddele
6 repe swoerdlose strepiespek, gekap                           
4 snye witbrood, korsies afgesny
30ml botter                                                                   
2 groot uie, fyngekap
4 groot wortels, gerasper                                               
500ml oranje lensies, afgewas
3 selderystingels , punte verwyder, gekap                      
2 liter hoenderaftreksel
2 lourierblare
2ml gedroogde basiliekruid
15ml pietersielie, vars gekap
15ml suurlemoensap

Metode
Braai die spek vir 3 minute oor lae hitte. Haal uit die pan en hou eenkant. Sny die brood in blokkies en sit by die vet in die braaipan.  Braai die brood tot goudbruin aan albei kante en hou eenkant. Verhit die botter in ‘n groot kastrol. Soteer die uie vir 2 minute. Voeg die seldery en wortels by en kook vir 4 minute.  Roer 2 keer. Voeg die lensies, hoenderaftreksel, geurmiddels, lourierblare en basiliekruid by. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat vir ongeveer 2 uur lank stadig prut. Roer af en toe. Roer die spek en pietersielie net voor opdiening by. Laat 2 minute prut en sit dan voor met bereide croutons bo-op.

Lewer 6 porsies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 356 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *