Sy beskutting 1

Maandag 5 Maart.2018 Tema: Sy beskutting 1

**** My eie woorde

**** Hoe interessant dat dit wat in die politiek gebeur ons emosies kan beheer. Een oomblik is almal bly oor ’n nuwe president en dan bars die babbel wanneer dit klink asof ons nou skielik uit ons grond geboender gaan word. Die HERE stuur sy volk na Kanaän maar skielik vergeet hulle alles wat die HERE vir hulle gedoen het en dan gee Hy aan hulle die groot belofte dat die HERE met hulle sal wees hulle moenie vrees nie  Miskien is daar in jou persoonlike lewe iets wat jou vandag beangs maak dan kom die HERE in Sy almag en sê Wees nie bevrees nie Hy sal jou verberg onder die skaduwee van Sy hand

Numeri 14:9  Wees net nie teen die HERE opstandig nie, en wees julle nie bevrees vir die volk van die land nie, want hulle is ons spys. Hulle beskutting het van hulle gewyk, en die HERE is met ons. Wees nie bevrees vir hulle nie!

Jes 51:16  En Ek het my woorde in jou mond gelê en in die skaduwee van my hand jou verberg; om die hemel te plant en die aarde te grond en aan Sion te sê: My volk is jy!

Rom 8:31  Wat sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen ons wees?

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

VERJAARSDAE 5 Maart 2018

Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag J

Vanessa Bernardo 5 Mrt

Annatjie Venter 5 Mrt

Johan Vergotine 5 Mrt

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 99 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *